Blitsige Beddings

Daar is waarskynlik heelwat mense wat op die stadium oorweeg om n groentetuintjie te begin. Nie almal het spasie nie of woon dalk in n woonstel of meenthuis. Hier is n plan vir blitsige beddings wat sal werk op n balkon of binnehof.
Jy benodig ‘n sak of twee (of 3) kompos en n paar sakkies saad. Maak seker dit is kompos en nie potting soil nie. Dit gaan waarskynlik nie maklik wees om sakke kompos in die hande te kry nie. Ek kon die 2 sakke by my plaaslike kruideniersware winkel koop. Dit klink of die meeste winkels wel deesdae pakkies saad verkoop. Net omdat daar tamatiesaad te koop is, sê nie dis nou die tyd om dit te plant nie. Kyk agter op die pakkie, jy wil nou saad plant wat gemerk is vir herfs of winter.

- Heel eerste plaas jou sakke kompos waar hulle gaan staan, dit is nie maklik om die oop sak rond te dra nie.
- Steek dreineringsgate in die sak, gebruik ‘n tuinvurk of selfs n sosatiestokkie sal werk.
- Draai die sak om sodat die dreineringsgate onder is, sny nou n groot opening in die sak, so 15cm vanaf die kante.


Plant saailinge of saadjies. Ons het in die eerste sak, botterblaarslaai geplant en in die tweede n mengsel baba blaarslaai soorte gesaai, wat ek hopelik in die winter met n skêr kan afsny vir ons slaai.



