Herfs 2020

Herfs 2020

Dis ongelooflik hoe vinnig jou wêreld op sy kop gedraai kan word. Daar is soveel nuwe reëls van dinge wat jy nie mag doen, plekke waar jy nie mag gaan nie, maar dan is daar tog soveel dinge wat nie verander nie. Die natuur gaan nog sy gang, blare verkleur en nagte word koeler. Dit is ook nou die tyd om te plant. Wat kan jy nou plant, vra jy? Al jou koolgewasse soos kool, blomkool, brokkoli, kohlrabi, brusselse spruite, asook uie, wortels, beet en ertjies. Dan kan jy ook preie, knoffel, radysse en spinasie insit. Moenie van kruie vergeet nie. Dis altyd die beste om te plant wat jy wel gebruik soos roosmaryn, tiemie, koljander, pietersielie, salie en oreganum. Met al die kwekery wat op die oomblik toe is, kan jy dalk groente- en kruiesaad by jou plaaslike kruideniersware winkel koop. Living Seeds http://www.livingseeds.co.za se aanlynwinkel is oop en aflewering vind wel plaas gedurende die inperking. Hulle het n wonderlike versameling van Heirloom Seeds.

peas
Die ertjies wat ek voor die inperking geplant het

Ek volg n hele paar mense op You Tube, een van my gunstelinge is Mark van Self Sufficient Me in Australia. Ek het onlangs gekyk na https://www.youtube.com/watch?v=pd0AklR4Mug , 5 Ways to QUICKLY become More Self Sufficient.

Ons eksperimenteer om brood te bak, nie alle pogings is ewe sukselvol nie, gelukkig is alles eetbaar. Ek is baie spyt dat ek nog nie op n broodmaak kursus gegaan het nie, ek dreig nou al 2 jaar om te gaan. Ek is besig met my eerste poging om Appelasyn gemaak. In die nuutste uitgawe van Eat & Grow is daar n resep, dit is nie moeilik nie, basies appels en water en baie geduld want dit neem 4 tot 6 maande. My kombucha is ook weer aan die gang. Die produksie is meer as die verbruik, aangesien ek die enigste een is wat dit drink. Dit lyk of ek omtrent elke week n nuwe scoby (symbiotic colony of beneficial yeasts) kry.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *