Dixie Golden Giant – My gunsteling tamatie die somer

Oor die algemeen verkies ek om Roma tipe tamaties te plant. Ek hou van n ferm tamatie en gril vreeslik vir pap tamaties. Hierdie somer het ek vir die eerste keer Glen Seeds se Dixie Golden Giant’s geplant geplant en dit was’n goeie besluit !
Die tamaties was heerlik, almal wat van my surplus gekry het, het ook so gedink. Die tamaties is groot, sommige van hulle 250 tot 350gram. Die smaak is regtig besonders, dit het n rukkie geneem om aan die geel kleur gewoond te raak. Aanvanklik het my gesin gedink ek het mangoes in die mengelslaai gesit.

Ek het heelwat lesse geleer:
- Lees die instruksies. As ek dit gelees het, sou ek geweet het hulle word tot 2m hoog.
- Stut die tamaties met lang stutte, jy sal dalk van die sytakke ook moet stut. Die tamaties is groot en swaar, n paar takke het geknak.
- Die tamaties is heerlik, die muisvoëls het ook so gedink. Begin vroegtydig die tamaties met organza sakkies toemaak.
- Saai vir opvolg plante. Nadat my oes verby was het ek gesmag na nog, maar helaas nou moet ek wag tot volgende somer.
- Desember is nie die beste tyd om met verlof te gaan as jy n groentetuin het nie. Jy mis die beste van jou tuin.
Behalwe vir die eindelose muisvoëls het ek geen peste en plae gehad wat probleme veroorsaak het nie. Ek vind as jy vroeg plant spring jy baie peste vry.