Bottel pikante rissies (peppadews)

Bottel pikante rissies (peppadews)

Ons plant elke jaar peppadews, maar selde het ek genoeg vir n kooksel.  Hierdie jaar het vriende vir my van hulle surplus gegee. Dankie Anton en Elisabeth.

Sny die stingels af en krap die saadjies uit.  Dra handskoene, selfs al is die rissies matig gaan dit jou oë en mond brand as jy per ongeluk daaraan vat.

Week die rissies vir n paar uur of oornag in n sout oplossing van 2 eetlepels sout per koppie water. Ek het 4 koppies water en 8 eetlepels sout gebruik voor al die rissies bedek was, daarna het ek ‘n kleinbordjie bo-op gesit om die rissies onder die water te hou.

Steriliseer jou bottels en deksels voor jy die stroop begin maak. Ek gebruik my stoompot se kastrol om die water in te kook vir die sterilisasie. Ek gaan die water weer gebruik vir die waterbad metode, so moenie dit weggooi nie. Ek laat die water bly kook.

Bestandele van stroop (pas bestandele aan na smaak):

1 en ‘n half kop wit asyn

1 en ‘n half koppie wit suiker

1 koppie water

1 eetlepel  Robertsons Whole pickling spice

Vars knoffelhuisies, skoongemaak en kleiner gesny indien te groot.

Suurlemoen- of lourierblaar vir elke bottel

Metode:

Meng al die bestandele en roer oor lae hitte tot suiker heeltemal opgelos. Bring tot kookpunt.

Spoel die gepekelde rissies af onder skoonwater en voeg by stroop saam met die knoffel. Kook vir n minuut of twee. Skep die rissies in die bottels, pak redelik styf in.Plaas n blaar in elke bottel. Ek vind die tregter van Ball’s se Home Preserving Kit werk baie goed vir die 500ml Consol bottels. Vul die bottels met die stroop. Vee die rante van die bottels skoon en plaas die deksels en ringe op.

Laat sak in die groen mandjie in die kokende water  met die bottels in. Kook vir 15min, haal uit met tang en laat afkoel. Laat staan vir 2 tot 3 weke voor gebruik. Bêre in yskas nadat bottel oopgemaak is.

Heerlik op braaibroodjies, saam met kaasbord of koue vleis.

 



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *