Waar het die gedagte ontstaan?

Sjoe, dit was koud gewees hierdie week … en ons krag was af, vir omtrent 30 ure!! Ek het weereens besef hoe afhanklik ons van munisipale dienste soos elektrisiteit en water is. Dit was nie so groot krisis in ons huishouding nie, want ons het al in 2008 toe beurtkrag begin het, ‘n kragopwekker gekoop en later het ons ‘n donkie gebou om water te verhit.
Wat wel by my vasgehak het sedert 2008 is, wat as die krag langer af is, soos 2 weke. Hoe bewaar jy dan jou kos in die vrieskas? Hierdie blog is ons gesin se reis om meer selfvoorsienend te wees, om dinge te bottel en te bêre en oor die algemeen groener te leef.